Author Topic: Ingelegde Kerrie vis  (Read 6893 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Pink Skirt

  • Jr. Fisherman
  • **
  • Join Date: Aug 2009
  • Posts: 57
  • Location: Christiana - noordwes oorspronklik- nou edgemead
  • Prawns 2
Ingelegde Kerrie vis
« on: August 14, 2009, 08:43:42 AM »
my ouma se resep. dis die beste!! noe eers snoek of grunter of "sharkfin" sop kan so proe nie

Ingelegde Kerrie vis

Bestandele:

4kg Baber of Kabeljou
1 Rooi Rissie Fyngekap, Geen sade
750ml Asyn
6 Groot Uie
125ml Suiker
Peper
Sout
45ml Kerrie Poeier
5ml Kookolie

Sny die vis in bediengrootte stukke, gooi sout en peper na smaak en laat staan oornag in koel plek.
Bak volgende dag vir kort rukkie in warm olie(Moenie vis in broodkrummels rol nie).
Sny uie op en kook hulle vir 5min in 500ml water.
Voeg res van bestandele by en kook vir 3 minute, roer met houtlepel om sous te vorm.
Voeg dan die vis en sous in lae in die houers.
« Last Edit: August 14, 2009, 02:28:27 PM by Brian »


Offline John

  • Fisherman
  • ***
  • Join Date: Apr 2009
  • Posts: 113
  • Location: Bellville
  • Prawns 1
Re: Ingelegde Kerrie vis
« Reply #1 on: November 12, 2009, 10:34:23 AM »
nou moet ek net 'n kabeljou gaan vang

Image Hosted by ImageShack.us