Author Topic: Mielie Pap resepte  (Read 5707 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Ray Hall

  • http://www.capecoastangling.co.za/
  • Grand Mariner
  • ******
  • Join Date: Jan 2009
  • Posts: 2096
  • Location: http://www.capecoastangling.co.za/
  • Prawns 45
  • Trust in the Lord with all your heart !!!
    • http://www.capecoastangling.co.za
Mielie Pap resepte
« on: March 26, 2010, 10:22:09 AM »
Asb deel julle mielie pap resepte!!!


Offline Kosi Fisher

  • Sea Dog
  • *******
  • Join Date: Nov 2008
  • Posts: 2671
  • Location: Sunnydale - Cape Town
  • Prawns 21
    • My Personal Blog
Re: Mielie Pap resepte
« Reply #1 on: March 26, 2010, 10:25:59 AM »
Asb deel julle mielie pap resepte!!!

Asseblief nie!!!!!  G'n mens behoort daai goed te eet nie....yuck, sies, spoeg.

En ja, dit wys vir jou dat 200 miljoen mense verkeerd kan wees!!
Every Monday it's the same...can't wait for that next Vas Pappa feeling at the weekend...{sigh}...

Image Hosted by ImageShack.us

Offline Brian

  • Administrator
  • Sea Dog
  • ****
  • Join Date: Jul 2007
  • Posts: 5775
  • Location: Kraaifontein, Cape Town
  • Prawns 21
    • capetownfishing.co.za
Re: Mielie Pap resepte
« Reply #2 on: March 26, 2010, 10:33:12 AM »
Asb deel julle mielie pap resepte!!!


2 blik kopiies water
1 blik koppie mielies
1 tlp sout
1 blik bullie beef
2 klein russies
22 stukkies hout
1 stukkie blitz
3 tomaties
bietjie pepper
baie gedagtes
plek om vuur te maak
1  poitjie
1 potjie stand

Gooi als in pot en meng,
stook vuur aan die brand end sit potjie op

Sit terug met KWV, ys en coke
As KWV klaar is, is pot klaar, maar jy sal ook klaar wees, so gee potjie vir hond voordat jy gaan tiep

Volgende oggend gaan visvang om vars lug te kry en babbelaas uitsweet



Offline wetfrog

  • Gillie
  • *
  • Join Date: Dec 2012
  • Posts: 13
  • Location: Cape Town
  • Prawns 0
Re: Mielie Pap resepte
« Reply #3 on: December 16, 2012, 08:33:39 AM »
POETOE PAP

2 koppies water   knippie sout
3-4 koppies mieliemeel

Bring water en sout tot kookpunt en voeg mieliemeel by.Verlaag hitte tot normaal. Sit deksel op. Roer na 3-4 minute met die agterkant van 'n houtlepel sodat krummels in die pap vorm. Sit weer deksel op. Roer weer 1 of 2 keer goed deur. Sit klontjies botter bo-op pap en roer vir 'n laaste keer deur. Laat vir sowat 10 minute kook totdat pap goed gaar is. Bedien saam met braaivleis, met "sheba" oftewel tamatie en uiesmoor.

STYWE PAP

4 koppies   5ml sout
500ml TRADISIONELE BRAAIPAP

Gebruik 'n groot swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt. Voeg TRADISIONELE BRAAIPAP by. Roer deeglik met 'n hout lepel en plaas deksel op. Verminder hitte en prut vir 40 minute. Roer 'n paar keer. Voeg 125ml koue water by pap. Prut pap oor lae hitte vir 'n verdere 30 minute.

FEESPAP

750ml mieliemeel    6 koppies water
1½ teelepel sout    1 bottel biltongsmeerkaas
250ml room    1 blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek    2 uie
gerasperde kaas

Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar. Snipper en braai spek en uie. Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene. Skep in lae in bakskottel: Pap,dan spekmengsel. Herhaal lae. Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam met braaivleis.

Offline wetfrog

  • Gillie
  • *
  • Join Date: Dec 2012
  • Posts: 13
  • Location: Cape Town
  • Prawns 0
Re: Mielie Pap resepte
« Reply #4 on: December 16, 2012, 08:34:27 AM »
MIELIEBROOD

150ml mieliemeel   550 ml koekmeel
25ml bakpoeier   15ml suiker
2ml sout   450ml melk
80ml olie   3 eiers
410g blik mieliepitte, gedreineer

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer ’n broodpan uit. Sif die droë bestanddele saam. Klits die melk, eiers en olie saam. Voeg die melkmengsel en mieliepitte by en meng liggies. Giet die mieliemengsel in die broodpan en bak vir ongeveer 1 uur.

Offline wetfrog

  • Gillie
  • *
  • Join Date: Dec 2012
  • Posts: 13
  • Location: Cape Town
  • Prawns 0
Re: Mielie Pap resepte
« Reply #5 on: December 16, 2012, 08:35:07 AM »
MIELIEPAPTERT

ABSOLUUT HEERLIK!!!!

4x250ml gewone of kitsmieliemeel   5ml sout
knypie rooipeper   sowat 2 liter water
125ml gekapte grondbone   250g spek (fyn gesny en gebraai)
250g sampioene (fyngesny en in spek-vet gebraai    250ml Cheddarkaas (gerasper)   
50ml suur room of gewone jogurt   sout en peper na smaak

Meng mieliemeel, sout, rooipeper en water en kook tot 'n slap pap. Strooi grondbone in 'n gesmeerde oondskottel en skep 'n lagie pap bo-oor. Meng res van die bestanddele en skep beurtelings met pap in lae in skottel- 2 lae spekmengsel en 2 lae pap. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak sowat 1 uur by 180C

Offline wetfrog

  • Gillie
  • *
  • Join Date: Dec 2012
  • Posts: 13
  • Location: Cape Town
  • Prawns 0
Re: Mielie Pap resepte
« Reply #6 on: December 16, 2012, 08:36:46 AM »
GEMENGDE MIELIEPAP

125 g mushrooms
2 blokkies hoender aftreksel
250 ml gemengde groente
50 ml margarien
750 ml water
625 ml mieliemeel
125 ml gerasperde cheddar kaas

?   Kook gekapte mushrooms, gemengde groente en hoender aftreksel in die water, voeg dan botter by
?   Voeg mieliemeel by en laat prut vir 20 minute
?   Voeg kaas by en roer deur – dien dadelik op

MIELIEPAP GENOT

1 blik (410 g) ingedampte melk
500 ml water
10 ml sout
500 ml mieliemeel
50 g botter
500 ml gerasperde cheddar kaas
1 blik (410 g) blik heelpitmielies gedreineer
½ x 250 g pak spek – grofgekap en brosgebraai

?   Verhit melk, water en sout tot kookpunt ~ voeg mieliemeel by sodat dit in middle ‘n hopie vorm, maar moenie roer nie
?   Verlaag hitte, plaas deksel op en laat pap 5 minute prut
?   Roer liggies en laat nog ‘n uur prut
?   Roer ¾ van kaas, heelpitmielies en spek by
?   Strooi res van kaas bo-oor en plaas deksel op sodat dit kan smelt
of
Skep pap in oondskottel, skep 1 blik (410 g) blik tamatie-en-uie-smoor oor, strooi res van kaas bo-oor en bak vir 30 minute by